
Landbou-opleiding met 'n verskil | Agricultural training with a difference




Gereed om jou loopbaan en toekoms in landbou te laat groei? Skryf in vir ons kompetisie en staan 'n kans om 'n ten volle geborgde diplomakursus te wen. Neem die volgende stap om 'n leier in die landbousektor te word.
Dit is maklik om in te skryf! Net 2 stappe:
1. Maak 'n video van jouself.
In die video moet die volgende ingesluit word:
1.1. Hoekom is landbou jou keuse vir ’n loopbaan?
1.2. Dui aan watter diploma jy voor inskryf – Plant- of Diere Produksie. Onthou daar is 3 manière hoe jy die diploma kan doen (Cullinan plaas, Groenkloof stadskampus of Afstandsonderrig).
1.3. Hoekom kies jy die bogenoemde diploma?
Stappe om video op te laai op Instagram:
Stap 1: Gaan na WeTransfer
Stap 2: Klik op “Add your files” en laai jou video op wat jy reeds opgeneem het.
Stap 3: In die veld “Email to”, tik designer@agriskills.net in.
Stap 4: In die veld “Your email”, vul jou eie e-posadres in.
Stap 5: Klik op “Transfer” om jou video te stuur.
2. Vul eenvoudig die vorm hieronder in met jou besonderhede en klik 'Submit' om deel te neem aan ons kompetisie.
Geskiktheid:
Persone met ouderdom van 17–21 jaar mag inskryf. Jy moet die 2 jaar kursus in 2026 kan begin.
Die geskiktheid vir die Afstandsleer-beurs is vir almal tussen 17 en 70 jaar oud. As jy aanlyn wil studeer, kwalifiseer jy.
Kompetisietydperk:
20 Augustus tot 24 Oktober 2025
Die 3 Pryse:
1. Cullinan Voltydse Plaas Kampus: R250 000 (Gaan hier vir meer informasie https://agriskills.net/cullinan-farm-campus/)
2. Groenkloof Stadskampus: R165 000 (Gaan hier vir meer informasie https://agriskills.net/agriskills-city-campus/)
3. Afstandsonderrig: R82 500 (Gaan hier vir meer informasie https://agriskills.net/distance-learning/)
Wennerkeuring:
Die Direksie van Agri Skills Transfer sal binne een week na die sluitingsdatum die wenners kies op grond van meriete en verdienste.
Die top 5 kandidate sal genooi word vir 'n finale TEAMS onderhoud met 'n paneel.
Algemeen:
Geen beurs mag oorgedra word nie.
Geen beurs mag vir kontant ingeruil word nie.
Jy kan net vir 1 diploma inskryf en nie vir al 3 nie.
Gaan maak seker dat jy verstaan hoe die 3 diplomas se onderrig werk.
Kennisgewing:
Die wenners sal met oproep of WhatsApp in kennisgestel word.
Databestuur:
Besoek ons databestuur beleid hier: https://agriskills.net/privacy-policy/


Chat with a real person. No need for phone calls or emails.
Simply scan the QR code or click the link to initiate a WhatsApp conversation with us. We're here to address any queries you may have.
WhatsApps will be responded to between 8am and 4pm.



































